Hoër Volkskool se jaarlikse, spoggerige prysuitdeling is onlangs aangebied. Tydens hierdie geleentheid is ons leerlinge wat goeie en top prestasies gedurende die jaar, beloon vir hul opoffering, harde werk en toewyding. Baie geluk aan elkee wat pryse ontvang het, en ook top pryse gewen het. Ons is trots op elkeen se prestasies.
Talon Cronje wen die Derick van Zyl trofee vir die seun wat die beste in ‘n skoolsport gevaar het. hy is lid van die OOs-Kaap Boogskietspan
Vincent Pienaar verdien ook deel aan die Derick van Zyl trofee vir die seun wat die beste in ‘n skoolsport gevaar het, omdat hy lid was van die Oos-Kaap Atletiekspan.
Alecia Louw het die Jo-Ane Nell beker verower vir die dogter wat die beste presteer het in ‘n skoolsport, die Naude Wisseltrofee vir die veelsydigste sportvrou wat in ‘n verskeidenheid sportsoorte bo-gemiddeld presteer het, asook die skoolhoof prestige toekenning. Sy is lid van die OP 0.16A hokkiespan wat ‘n goue medalje by die nasionale toernooi gewen het. Sy speel tennis vir die Oos-Kaap 0.15 Span en neem deel aan die Sarah Baartman Atletiekbyeenkoms.
Tiaan Fourie wen die Petrus Theron Gedenktrofee vir die beste prestasie deur ‘n seun in ‘n sportsoort wat nie deur die skool aangebied word nie. Hy is lid van die Suid-Afrikaanse Protea Junior Ruiterkunsspan in 5-gang. Hy wen ook ‘n skoolhoof prestige toekenning vir ‘n uitsonderlike prestasie. Hy verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Protea Junior Ruiterkunsspan in 5-gang en behaal ‘n goue medalje in ‘n toets teen die VSA
Johndre Ludick wen die Petrus Theron Gedenktrofee vir die beste prestasie deur ‘n seun in ‘n sportsoort wat nie deur die skool aangebied word nie. hy is lid van die Suid-Afrikaanse 0.19 Gholfspan en hy eindig 6e op die Nasionale ranglys. Hy wen ook ‘n skoolhoof prestige toekenning vir ‘n uitsonderlike prestasie. waar hy ‘n algehele tweede plek behaal in die Zimbabwe Junior Ope. Hy eindig met slegs een punt verskil tussen hom en die eerste plek.
Hannes van der Merwe wen die van Schalkwyk Familie Wisseltrofee vir die veelsydigste sportman wat in ‘n verskeidenheid sportsoorte bo-gemiddeld presteer het. Hy ontvang spantoekennings vir swem en atletiek, hy kry ‘n krul vir rugby en erekleure vir tweekamp vir deelname aan die Nasionale byeenkoms as lid van die Oos-Kaapspan.
Sare Viljoen behaal erekleure vir akademie in gr 10, sy wen die Professer Dorothea van Zyl prys en die Francois Retief-beker vir die beste punte behaal in Afrikaans. Sy wen ook die ABSA-prys en die Schoeman familiebeker vir die beste punte in Wiskunde. Sy wen die St10 klas van 1950 beker asook die PSG Wealth Financial PLanning Prys vir ‘n eerste klasposisie in gr 11
Zenobia Homveld wen die Gerber Gowar Botha en die Pietersen Wisseltrofee vir die beste punte vir rekeningkunde in gr 10, asook die St 10 klas van 1999 beker en die PSG Wealth Financial Planning prys vir ‘n eerste klasposisie in gr 10.
Elne Viljoen wen die Professor Dorothea van Zyl prys vir die beste punte in Afrikaans, asook die st klas van 1950 beker en die PSG Wealth Financial Planning prys vir ‘n eerste klasposisie in gr 9.
Sarah van Eeden wen die Professor Dorothea van Zyl prys vir Afrikaans, die Mynhardt/Steyn Konstrukisebeker vir Engels, die St 10 klas van 1988 beker asook die PSG Wealth Financial Planning Prys vir ‘n eerste klasposisie in gr 8.
Adriaan Blignaut eindig in die eerste klasposisie vir gr 12. Hy behaal erekleure vir akademie in gr 11 en 12, hy wen die PSG Wealth Financial Planning prys vir die beste prestasie in gr 12 vir Wiskunde. Hy wen die Gerber Botha en Gowar prys, asook die Pietersen Wisseltrofee vir ‘n eerste posisie in Rekeningkunde. Hy wen die Stef Vermeulen Prys vir die beste prestasie in Besigheidstudies. Hy wen die Absa prys, die Compu-Serve trofee en die Heinrich Hancke prys vir die beste punte in RTT. Hy behaal ‘n eerste klasposisie met ‘n gemiddeld van 88% en verower daarvoor die PSG Wealth Planning prys en die Theron Familie trofee Hy wen ook ‘n Skoolhoof-prestige toekenning vir uitsonderlike prestasie. Hy word aangewys as die Nasionale wenner van die Podium Pret Redenaarskompetisie in Stellenbosch. Hy wen ook die gesogde Willie Odendaal Wisseltrofee. Hierdie uitsonderlike prys gaan aan ‘n veelsydige leerling in gr 12 wat tydens sy gr 11 en 12 jare bo-gemiddeld op die terrein van Kultuur, Sport en Akademie presteer het. Baie geluk met hierdie uitsonderlike prestasies, Attie!
Jan-Theo van Tonder deel ook in Derick van Zyl troffee vir die seun wat die beste in ‘n skoolsport presteer het. Hy was lid van die OP rugby-span wat deelgeneem het aan die Cravenweek rugbytoernooi.
John Read verdien ook deel aan die Derick van Zyl trofee vir die seun wat die beste in ‘n skoolsport gevaar het, omdat hy lid was van die Oos-Kaapspan vir Boogskiet.