2024 se rugbyseisoen het op ‘n hoogtepunt geëindig, toe die eerste rugbyspan verlede week tydens ‘n heerlike kuieraand by The Coldstream Restaurant, die jaar kon afsluit.

Vanjaar se eerste rugbyspan het van die staanspoor af gewys wat dit is om as ‘n SPAN te speel. Spanlede het mekaar vertrou, mekaar ondersteun en bo alles as ‘n eenheid gefunksioneer.

Hulle het die afgelope jaar die volgende behaal:

16 wedstryde gespeel, waarvan hulle 14 gewen het.

‘n Onoorwonne Oakdale rugbytoer.

Drie 7’s rugbytoernooie gewen.

Gemiddelde telling vir HVS tydens ‘n wedstryd is 31 punte.

Gemiddelde aantal punte in ‘n wedstryd teen HVS aangeteken, is 10 punte.

In totaal het die span 76 driee gedruk en slegs 24 driee afgestaan.

Curwin Niemand het 24 driee tydens die 2024-seisoen gedruk.

HVS spog met Cravenweekspeler, sowel as ‘n speler in die SA Bokkiespan.

Coach Bertus Pretorius beskryf die span se spel die afgelope seisoen as “BITTER SNAZZY”. Toeskouers wat bevoorreg was om die wedstryde by te woon, sal weet hierdie beskrywing is ‘n perfekte weergawe van die tipe spel wat tydens elke wedstryd gespeel is.

Baie dankie aan die borge wat die afgelope drie jaar by die rugby betrokke was:

Drostdy Toyota-Graaff-Reinet en Boomsticks Graaff Reinet (hoofborge)

Supa Quick Tyre Experts Graaff Reinet, Saverite Supermarket, Graaff-Reinet Hardware & Building Supplies cc, ISU-Rommel en Fouries Vervoer.

Xander Keyser, hoofseun van 2024, se pragtige video’s en aksiefoto’s wat hy tydens die jaar geneem, het elke oomblik van die suksesvolle jaar vir ewig vasgevang.

Gideon van der Mescht, wat baie van die spanlede as o.9-spelers afgerig, het ook die aand bygewoon. Baie dankie vir die neem van die foto’s.

Dankie aan coach Jaco van Schalkwyk, vir jou groot bydrae in die sukses van die span die afgelope jaar.

Meer Nuusberigte