Lehan De Beer, ‘n graad 10-leerder van Hoër Volkskool, het verlede naweek aan die uithourit wat in die Camdeboo SANParks in Graaff-Reinet gehou is, deelgeneem. Al die roetes is in die park, tussen die wild, gery.
Daar was verskeie afstande, vanaf 26 km tot 120 km. Lehan moes 40 km onderskeidelik op Vrydag en Saterdag, op die perd, Kasan Desert Storm, aflê. Die perd behoort aan ‘n oud-Volksie en Springbok Ruiter, Antoinette Birch (nee van Zyl).
Antoinette is Lehan se mentor en ons hoop dat hy in haar voetspore sal volg en Hoër Volkskool se naam hoog hou, met sy loopbaan wat voorlê.
Baie geluk, Lehan.
Foto: LEHAN DE BEER OP KASAN DESERT STORM