Rikus Kleyn het verlede kwartaal aan Huisgenoot Eisteddfod deelgeneem.
Elke deelnemer het toegang gekry tot ’n spesiale, eksklusiewe meesterklas, waarin ’n professionele vermaakkunstenaar praktiese raad deel en jou help om vir jou optrede voor te berei.
Beoordeling was deur sterre in die kunste- en vermaakbedryf gedoen.
Vir die sang afdeling, waaraan Rikus deelgeneem het, kon jy enige Afrikaanse liedjie van jou keuse sing en kon jy van begeleiding gebruik maak as jy sou wou.
‘n Video opname van 3 minute is opgeneem en aan Huisgenoot gestuur. Rikus het gekies om Joshua na die Reën se liedjie, Lig op die Horison, te sing en hy ontvang ‘n silwer sertifikaat vir sy optrede. Sy naam verskyn nou ook in Huisgenoot.com.