Op Sondag, 10 November het Hoër Volkskool se hoofleiers die jaarlikse Herinneringsdagdiens bygewoon. Die diens is by die St James the Great-kerk gehou.
Jaarliks woon ons hoofleiers hierdie gewyde geleentheid by, om gevalle helde te herdenk. Die geleentheid herdenk die Wapenstilstanddag, wat aan die einde van die Eerste Wêreldoorlog in 1918, plaasgevind het.
Foto: Saré Viljoen en Rikus Kleyn met HVS se krans vir die kranslegging.