Die afgelope twee dae het ‘n groep plaaslike afrigters ‘n NSA Netbal-afrigtingskursus bygewoon. Die kursus is aangebied deur Lana Krige. Lana is tans die hoofafrigter van die NMU Madibaz-span en het al groot hoogtes in Netbal Suid Afrika bereik, as speler en afrigter. 

Die kursus was baie leersaam en ons sien uit na die nuwe seisoen! Baie dankie ook aan die leerlinge van die Volkskole wat hul tyd opgeoffer het om te demonstreer. 

Drie van HVS se afrigters het die kursus bygewoon.

Foto: vlnra: Me Lykita Koeberg, Me Suliza van Wyk, Lana Krige, me Sunet Gildenhuys en Me Estene Coetzee. 

Meer Nuusberigte