Op 11 – 12 Oktober het Hoër Volkskool se o.16 hokkiespan na Burgersdorp gereis en aan hul 6-aan-‘n-kant hokkietoernooi deelgeneem. Die toernooi was vir eerste hokkiespanne. Ons o.16’s het nie een oomblik vir die ouer spanne terug gestaan nie en het hul pad tot in die semi-finale oop gespeel.
In die semi-finale rondte het hulle teen Hoërskool Hangklip te staan gekom en die wedstryd 2- 1 gewen. Te danke aan die wen, het hulle na die finale deurgedring.
In die finaal het hulle teen Burgersdorp Hoërskool gespeel en ongelukkig die wedstryd 1 – 3 verloor. HVS se o.16 het algeheel algeheel tweede in die toernooi geëindig.
Baie geluk aan elkeen van die spelers en oud-Volksie, me. Chanté Coetzee (afrigter).
Foto: Gaby Hall, Riani Serfontein, Marlie Nel, Deidré Alberts me. Chanté Coetzee, Sarah van Eeden, Leoné Lategan en Jaymee Barnard