Baie geluk aan die matrieks wat gister klaargemaak het met matriek. Dit is ‘n reuse mylpaal en ‘n tyd om hul harde werk en toewyding te kon vier.

Die gr 12 ouers het voor die skool aangetree met sjampanje en ‘n erewag gestaan vir die klas van 2024. Die matrieks het met gemengde gevoelens deurgestap, van opwinding oor die toekoms en die eindelose moontlikhede wat vir hul voorlê, tot ‘n traan van hartseer om die bekendheid van 12 jaar en goeie vriende te moet groet.

Baie sterkte aan die klas van 2024. Ons glo jul uitslae sal ons trots maak. Onthou, dit is die begin van ‘n nuwe avontuur, een dag op ‘n slag!

Meer Nuusberigte