Suid-Afrika is die gasheer vir die “Saddle Seat” Wêreldbeker wat eerskomende Donderdag en Vrydag te Parys, Vrystaat aangebied word.
HVS se leerder, Tiaan Fourie, is ingesluit in die SA Saddle Seat Vyfgangruiterkunsspan wat aan die kompetisie deelneem. Tiaan se afrigter, Sumeri Botha, is die afrigter van die Nasionale Ruiterkunsspan vir die kompetisie.
Skakel na die bekendstelling van die spanne in die pragtige Parys Afri-Dome:
Baie sterkte vir die kompetisie, Tiaan.