Op Vrydag, 17 Januarie 2025 was daar ‘n Swim-a-thon by Union High School se swembad aangebied. Drie van Hoër Volkskool se swemmers het deelgeneem en gehelp om geld vir die Kinderkankerorganisasie, CHOC (Childhood Cancer Foundation of South Africa), in te samel.
Lara Vosloo het ‘n totaal van 30 lengtes, Kate-Lynn Kruger het 50 lengtes en Jamie Mdudumanie het 86 lengtes geswem. Ons is baie trots op hierdie swemmers wat hul eie tyd ter wille van ander opgeoffer het.
Baie geluk en baie dankie!
Foto’s: Lara en Kate-Lynn
Jamie