Net so erg soos dit vir ‘n nuwe graad 1-leerder is, wat “groot skool” toe gaan, is dit vir ‘n graad 8-leerder om by ‘n hoërskool te begin.

Die doel van die eerste twee weke se oriëntering is om die proses te vergemaklik om nuwe klasmaats, asook leerders van die ander grade te leer ken. Danksy die twee weke propvol lekker aktiwiteite, is almal nou deel van die Volkskool-familie.

Vir twee weke moes elke graad 8-leerder ‘n rou hoendereier met groot sorg, oral met hul saam dra. Tydens Vrydag se pouse het al die graad 8 en 12-leerders in die vierkant bymekaar gekom. Dit was die laaste dag van die oriënteringsweke en deel van die dag se vrywillige pret, is die breek van die eiers. Maar die heel lekkerste van hierdie dag was toe alle graad 8 en 12-leerders saam in die swembad gaan spring het. ‘n Heerlike lafenis op ‘n baie warm skooldag.

Die graad 12’s se raad aan die nuwelinge: Skakel in en gebruik elke geleentheid!

Meer Nuusberigte