Op Vrydagaand 24 Januarie, het die ATKV Bestuur vir n spanbousessie in die skool oorgeslaap. Daar is lekker gebraai en nadat hulle heerlik geëet het, het hulle koppe bymekaar gesit en oor almal se idees en planne vir 2025 gesels.
Die nag het verder met bitter min slaap verloop, omdat die sewe jong dames, die skool se ‘spook’ probeer opspoor het. Me.Gildenhuys en me. Prinsloo het hulle op die soektog vergesel.
Foto
Agter: Anzel Kleynhans, Lara Vosloo, Jozelle Calitz, Marli Nel.
Voor: Bianca Swart, Venique en Vochenique Meyer