Rudolph-Hein van Eeden en Carla van Tonder het die naweek aan die Eden Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms as lede van die OP B-span te Oudtshoorn deelgeneem. Daar was 530 atlete van die Westelike Provinsie, Boland, Eden, Oostelike Provinsie en Suid-Vrystaat. Die vlak van kompetisie was baie hoog en hulle het goeie ondervinding opgedoen en goeie vertonings gelewer.
Rudolph-Hein het sy swemtyd met byna 2 sekondes verbeter en Carla het haar hardlooptyd met byna 6 sekondes verbeter. Hierdie was ook goeie voorbereiding vir die OP Kampioenskappe op 23 Februarie.
Baie geluk!



