Die afgelope week het Hoër Volkskool ons jaarlikse kleuregala aangebied. Handhaaf en Werda het mekaar ouder gewoonte die stryd aangesê. Die deelname was goed en prestasies nog beter!

Chris de Wet het ‘n rekord vir die 200m borsslag opgestel. Hierdie rekord het vir die afgelope 31 jaar (vanaf 1994) aan Johannes (Joey) Barnard behoort. Dis ‘n baie groot prestasie om sulke ou rekords te verpletter!

Kate-Lynn Kruger het omtrent opslae gemaak. Sy het aan ses items deelgeneem en het in al 6 items die rekord verbeter! Wat ‘n uitsonderlike prestasie! 5 van die ses rekords was haar eie rekords wat sy self verlede jaar opgestel het. Die 50m vryslagrekord was Geraldine Chapman se rekord wat sy in 2001 opgestel het.

Kate-Lynn Kruger is na afloop van die gala as die Victrix Ludorum aangewys.

Charl Conradie is as die Victor Ludorum aangewys. Hy het in vier van sy ses items eerste plekke behaal het.

Baie geluk aan die drie top swemmers!

Op die einde van die dag het Werda 343 punte bymekaar gemaak en Handhaaf het geskiedenis gemaak en vir die eerste keer in baie jare die swembyeenkoms met 439 punte gewen!

Meer Nuusberigte