Die jaarlikse kleure-atletiekbyeenkoms het by Hoër Volkskool plaasgevind. Al was dit ‘n baie warm dag, het elke atleet het steeds hul beste gegee. Die atlete het uitstekende vertonings gelewer en in sommige items met ‘n haarbreedte tussen die eerste en tweede plekke verskil.
Die volgende prestasies is behaal:
Beste baanatleet:

Octavia Jaftha, dogters o.14 100m – 13.89s.

  • Hannes van der Merwe, seuns o.17 100m – 11:20s.
    Hannes was ook die vinnigste 100m atleet op die dag en verbeter die rekord van 11.26 sekondes, wat deur Francois Horn in 1985 opgestel is.
    Beste veldatleet:
  • Dina Welthagen, dogters o.16 gewigstoot met ‘n afstand van 7.38m.
  • Curwin Niemand, seuns o.19 verspring met ‘n afstand van 6,29m.
  • Die vinnigste 1 500m dogtersatleet was Alice du Toit met ‘n tyd van 6:44:77.
  • Die vinnigste 1 500m seunsatleet was Rudolph-Hein van Eeden met ‘n tyd van 4:57:32.
  • Deidré Alberts is as die Junior Victrix Ludorum en AW Lambrecht is as die Junior Victor Ludorum aangewys.

Die Senior Victrix Ludorum is Mienke Janse van Rensburg en die Senior Victor Ludorum is Hannes van der Merwe.

Baie geluk!

Meer Nuusberigte