Verlede week het Hoër Volkskool teen Union High School op die atletiekbaan kragte gemeet. Dit was ‘n aangename dag met goeie sportmansgees wat tussen die atlete geheers het. Die kompetisie tussen die twee skole was baie sterk en die wen kon na enige skool gegaan het.
Volkskool het 860 punte bymekaar gemaak, terwyl Union slegs 757 punte bymekaar gemaak het. Die Victor Ludorum is X. Barlow van Union High School, terwyl Mienke Janse van Rensburg van Hoër Volkskool as die Victrix Ludorum aangewys is.
Baie geluk Mienke.