Die afgelope naweek het drie van Hoër Volkskool se top swemmers aan die Infinity Gala te Gqeberha deelgeneem. Dit was nogal ‘n groot gala met swemmers van tot so ver as Oos-Londen, het deelgeneem.
Charl Conradie het aan ag items deelgeneem en in een item sy persoonlike beste tyd verbeter.
Chris de Wet het aan 5 items deelgeneem en in 3 items sy persoonlike beste tye verbeter. Hy kon ongelukkig nie die gala voltooi nie, as gevolg van ‘n besering.
Kate-Lynn Kruger het aan 8 items deelgeneem en in 6 items haar persoonlike beste tye geswem.
Baie geluk aan ons swemmers!
Foto: Charl Conradie, Izak Hattingh (afrigter) en Kate-Lynn Kruger by die Infinity Gala