Verlede Dinsdagmiddag om 17:00 het Laer- en Hoër Volkskool kragte teen Union High in die swembad gemeet. Dit was ‘n baie lekker middag-aand swemgala en ons swemmers het uitstekend gevaar.
In die hoërskool afdeling het Hoër Volkskool ‘n totaal van 395 punte bymekaar gemaak terwyl Union High slegs 318 punte gekry het.
Hannes van der Merwe het die volgende rekords verbeter:
50m borsslag
Kate-Lynn Kruger het die volgende rekords verbeter:
4 x 25m individuele wisselslag, 50m vlinderslag, 50m rugslag, 100m vryslag, 50m borsslag en die 50m vryslag.
Kate-Lynn het in al 6 items waaraan sy deelgeneem het, die rekords verbeter. Dit is ‘n besondere prestasie!! Met hierdie prestasie is Kate-Lynn as die Victrix Ludorum aangewys. Baie geluk!
Baie geluk aan elke swemmer wat hul beste vir ons skool gegee het. Die swemmers het uitstekende uithouvermoë en wilskrag tydens hulle deelname getoon. Die gees van die toeskouers langs die swembad was net so aansteeklik.
VIDEO: HVS se seuns in aksie tydens die aflos, wat deur HVS gewen is.
Die swemmers was Hannes van der Merwe, Charl Conradie, Aidan Thiart en Ruben van der Ahee.
Video geneem deur Bonita Thiart

Meer Nuusberigte