Hoër Volkskool se jaarlikse drieëdrukdag het op Vrydag, 21 Februarie 2025 plaasgevind en was ‘n reuse sukses. Die skool se rugbyspanne het puik vertonings teen Spandau Secondary School, Asherville Secondary School en Muir College Boys’ High School, Kariega gelewer.
Die o.14A- en o.15A-spanne het albei hul twee wedstryde teen Spandau en Asherville gewen. Die o.16-span het Asherville geklop en gelykop teen Spandau gespeel.
Hoër Volkskool se 1ste span het hul uitstekende vorm voortgesit deur al drie hul wedstryde teen Spandau, Asherville en Muir te wen.
Ondersteuners was vol lof oor die spelers se toewyding en sportmangees. Die dag was nie net ‘n oorwinning op die veld nie, maar ook ‘n viering van gemeenskapsgees en skooltrots.