Hoër Volkskool se o.15 krieketspan het in ‘n tuiswedstryd teen Hoër Landbouskool Marlow se juniorspan gespeel. Na ‘n lang dag en goeie krieket staan beide spanne op 71 lopies, nadat die laaste bal geboul is. Die beslissing van die wedstryd sou afhang van ‘n superbeurt van ses balle per span.
Volkskool besluit om eerste te kolf en teken ‘n kompeterende 10 lopies van hul ses balle aan. Marlow kry slegs 8 lopies en HVS wen dus die stryd met 2 lopies.
Speler van die wedstryd is Enriano Joubert, wat vyf paaltjies in sy vier boulbeurte kon plattrek.
