Rudolph-Hein van Eeden het op 23 Februarie aan die OP Tweekamp Kampioenskappe deelgeneem. Hy het in beide die swem en hardloop persoonlike beste tye vir die seisoen aangeteken en het algeheel vierde geëindig.
Na afloop van die OP Kampioenskappe is die OP-span vir die SA Kampioenskappe aangekondig. Rudolph-Hein is in hierdie span vir seuns o.19 ingesluit.
Carla van Tonder is as ‘n reserwe vir die dogters o.19-span aangewys.
Die SA Kampioenskappe vind op 21 & 22 Maart in Oudtshoorn plaas. Sterkte met die voorbereidings vir die kampioenskappe.