Die afgelope week het Hoër Volkskool die jaarlikse Karoogala op tuisbodem aangebied. Tydens die byeenkoms in die swembadkompleks, was die gees baie opwindend, met verskillende skole wat in taai stryd gewikkel was! Hoër Volkskool het baie goed in die gala gevaar.

Die uitsale is as volg:

Dogters:
Derde plek: Gill College: 92 punte
Tweede plek: Union High School, Graaff-Reinet: 149 punte
Eerste plek: Hoër Volkskool: 176 punte

Seuns:
Derde plek: Hoër Landbouskool Marlow: 101 punte
Tweede plek: Union High School, Graaff-Reinet: 102 punte
Eerste plek: Hoër Volkskool Graaff-Reinet: 198 punte.

Die Victor Ludorumbeker word deur AW Lambrecht van HVS en Ben Lemke van UHS gedeel.
Die Victrix Ludorum gaan aan Kate-Lynn Kruger, wat die enigste swemmer op hoërskoolvlak was, wat twee rekords kon verbeter. Baie geluk!!
Ons is trots op HVS se swemmers wat ‘n uitsonderlike gees van deelname op die dag gehad het. Die dag was verseker ‘n hoogtepunt op ons swemkalender.

Meer Nuusberigte