Die Landbouwetenskap se graad 10-leerders het die Camdeboo Privaat Natuurreservaat besoek, waar hulle hartlik ontvang is. Baanbreker herlewing- en bewaringspesialis, Johan Bouwer, het die leerders aan sy lippe laat hang, tydens die interaktiewe opleidingsessie in veldrehabilitasie en veldbestuur.
Sarah Cromhout, ook ‘n spesialis in veldrehabilitasie, het die leerders in die reservaat uitgeneem en gewys hoe die rehabilitasiestrategiëe prakties uitgevoer word. Johan en Sarah se herlewingsbenadering tot veldbestuur, het ‘n streng fokus geplaas hoe die impak hiervan ‘n direkte invloed op die produksiewaarde van boerdery in die geheel het.
Die kundigheid en gasvryheid waarmee HVS se leerders ontvang was, word opreg waardeer. Graag bedank ons ook die HVS Beheerliggaamslid, Handré Viljoen, wat hierdie uitstappie vir die klas moontlik gemaak het.

