Verlede Donderdag se hokkie oefening het vir groot opwinding gesorg, toe die o.16-span teen die eerste span geoefen het. Spelers moes volgens ‘n tema by die astro hokkieveld opdaag. Die opdrag was dat almal met ‘n hoed moes aanmeld, maar die hoed mag nie ‘n hoed wees nie!
Heelpartye spelers het met interessante “hoede” opgedaag.
HVS – hier wil jy wees!