Na lekker reën op Vrydag was dit ‘n pragtige Karoo Saterdag, 22 Februarie, wat ons vir die eerste boogskiet kompetisies van 2025 gegroet het. Twee wedstryde het tussen Hoër Volkskool, HTS Daniel Pienaar en Kwagga klub plaasgevind.
In die Bullseye-kompetisie verwerf die volgende skuts medaljes.
Hoërskole Dogters-afdeling:
Mikha Enslin: Silwer 271/300
Danel de Koker: Brons 265/300
Hoërskole Seuns-afdeling:
Michyle Mostert: Silwer 274/300
John Read: Brons 272/300
John Read en Wian Lötter het elkeen ‘n voltal (50) in een van die drie 10 m rondtes geskiet.
In die 2D/3D-kompetisie is die uitslae as volg:
Hoërskole Seuns-afdeling:
Michyle Mostert: Silwer 267/300
Wian Lötter: Brons 265/300
Die kompetisie tussen die skuts is straf, die tellings naby mekaar en ons verwag baie van ons skuts vanjaar!
Foto: Danel de Koker, Wian Lötter, John Read, Michyle Moster en Mikha Enslin
Individuele foto’s: mnr. Beyers Cronje en die medaljewenners.



