Dinsdag, 4 Maart, het mnr Pieter Kleynhans ‘n geleentheid by Union High School bygewoon waar oud-Protea krieketspeler en internasionale krieketafrigter, Gary Kirsten, gepraat het.

Dit was ‘n baie insiggewende gesprek met Gary wat sy kennis gedeel het rakende die afrigting van krieket. Wat veral interessant was, was hoe belangrik dit is om die liefde vir die sport vanaf ‘n jong ouderdom te kweek.
Gary het ook gesels oor die psigiese gedeelte van die sport en hoe belangrik dit is om spelers se koppe reg te kry vir wedstryde.

Met Gary wat ‘n Wêreldbeker as afrigter vir Indië agter sy naam het, is dit beslis raad om te onthou!

Meer Nuusberigte