Op Saterdag, 15 Februarie 2025, het vyf van Hoër Volkskool se skaakspelers aan die derde rondte Sarah Baartman skaak proewe te Graaff-Reinet deelgeneem.
Hulle moes kragte meet teen spelers in die Sarah Baartman asook die Oos – Kaap spanne.
Michyle Maarman behaal ‘n algehele 5e plek en Layton Meshilinie verower ‘n silwer medalje.
Baie geluk aan al die spelers! Ons is trots op julle!
Foto: Van links af Layton Meshilinie en Michyle Maarman