Rugby teen Muir
Hoër Volkskool se rugbyspanne het na Muir College gereis vir ‘n reeks uitdagende wedstryde. Dit was harde kompetisie, maar ons sien uit na die seisoen wat voorlê!
- o.14A verloor 7 – 17
- o.15A wen 15 – 5
- o.16A verloor 0 – 39
- Tweede span verloor 10 – 34
- Eerste span verloor 18 – 22
Hokkie teen Framesby
Hoër Volkskool het die naweek na Framesby gereis vir hokkie. Baie dankie aan Framesby vir julle gasvryheid!
Uitslae:
- Derde span verloor 0 – 4
- Tweede span wen 3 – 0
- o.16A verloor 0 – 5
- Eerste span verloor 0 – 1
Sterkte aan al ons spanne vir die volgende wedstryde! Ons sál handhaaf!




