Oos-Kaap Atletiek:
Vier van Hoër Volkskool se atlete het die afgelope naweek deelgeneem aan die Oos-Kaap Provinsiale Atletiekbyeenkoms in Komani.
- Jarrod Gerber o.14 behaal ‘n vyfde plek in die 800m finaal.
- Tristan Lodewyk o.15 eindig derde in sy uitdun en sewende in die 400m finaal.
- Vincent Pienaar o.17 eindig derde in sy uitdun van die 100m, maar moes ongelukkig weens ‘n besering uit die finaal onttrek.
AW Lambrecht o.15 behaal ‘n uitmuntende eerste plek in spiesgooi met ‘n indrukwekkende 49,3m. Hy is opgeneem in die Oos-Kaapspan wat aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe gaan deelneem.

Die span neem van 2 – 6 April deel in Bloemfontein. Baie sterkte en geluk aan al ons atlete!
Foto: Van links af – Vincent Pienaar, Tristan Lodewyk, AW Lambrect en Jarrod Gerber.