Die eerste hokkiespan het deelgeneem aan die ‘Open Weekend’-toernooi in Gqeberha. Hulle het goed vertoon, veral as mens in ag neem dat dit hul eerste wedstryde van die seisoen was.
Met ‘n jong span (insluitend ses o.16-spelers) was die begin van die toernooi uitdagend, maar namate hulle meer wedstryde gespeel het, het hulle pragtige hokkie begin speel. Ons is baie trots op julle groei en deursettingsvermoë!





📸 Mia van Eeden