Hoër Volkskool se hokkiespan het tydens die afgelope vakansie aan die ECHS Hokkietoernooi in Bloemfontein deelgeneem. Die Vrystaat het vir koue en nat toestande gesorg, maar ons dogters het dapper gestaan!
Wedstryd-uitslae:
- HVS wen Volkskool Heidelberg (1-0)
- HVS wen De Aar (5-0)
- HVS speel gelykop teen Dinamika (1-1)
- HVS verloor teen Merriefield (0-4)
- HVS verloor teen Lydenburg (0-2)
- HVS verloor teen Union (0-1)
- HVS speel gelykop teen Marais Viljoen (0-0)
Spesiale vermelding:
Alecia Louw is aangewys as speler van die toernooi!
Baie geluk aan ons span – ons is trots op julle deursettingsvermoë en gees!