Die Matriekklas van 2025 het ‘n splinternuwe en betekenisvolle tradisie by Hoër Volkskool van stapel gestuur: die oprigting van ’n simboliese hekkie wat die begin en einde van elke leerling se skoolloopbaan verteenwoordig.
Gisteroggend het die Graad 8-leerders aan ‘n spesiale saalseremonie deelgeneem, waar hulle ‘n belofte afgelê het. In ‘n besonderse oomblik het elke matrikulant die voorreg gehad om sy of haar Graad 8-leerder se baadjie aan te trek – ‘n daad wat die oorgang na volwaardige Volksies simboliseer.
Die nuwe Volksie is verwelkom met ‘n handdruk deur hul hoofleiers sowel as die skoolhoof, me. Malan – ‘n trotse en gedenkwaardige geleentheid.
Hierdie projek is met trots deur die Matriekklas van 2025 befonds en bestuur, met waardevolle bydraes van Fourie’s Vervoer en Mr Cupboard. Die hekkie self is deur John Read gebou, met toesig oor die muurtjie deur Desmond Kleyn. Rikus Kleyn het die beplanning hanteer en saam met Saré Viljoen, die projek suksesvol aan die beheerraad voorgelê. Rikus het ook aktief deelgeneem aan die uitvoering en verfwerk.
Hierdie tradisie is van nou af deel van Hoër Volkskool se ryk kultuurerfenis – ‘n tasbare herinnering aan waar elke Volksie se pad begin en eindig.