Hierdie 7 raakpraters het Hoër Volkskool met trots verteenwoordig by die eerste rondte van die ATKV Redenaarskompetisie by Hoërskool Nico Malan in Humansdorp!
Elke spreker het hul staal gewys en die beoordelaars het net goeie dinge gehad om te sê. Nou hou ons almal ons asem op vir die volgende 8 werksdae – dis wanneer ons hoor wie deur is na die semi-finaal op 31 Mei (weer in Humansdorp).

Ons spog-span:
Voor: Zoe Campher, Hestri Pearson, Drian Gildenhuys
Middel: Mia Prinsloo, Mnr Pieter Pienaar (afrigter)
Agter: Mikha Enslin, Lisa du Toit, Pieter Fourie
Ons hou styf duim vas vir goeie nuus!

Meer Nuusberigte