Hoër Volkskool het ‘n baie trotse sportgeskiedenis en tradisie. Sy sportspanne was nog altyd ‘n groot krag in die Karoo. ‘n Verskeidenheid sportsoorte word aangebied ten einde gesonde liggaamlike ontwikkeling en ‘n sportiewe gesindheid te bewerkstellig.

‘n Verskeidenheid buitemuurse sportsoorte word ook in die dorp aangebied waar ekstra afrigting beskikbaar is. ‘n Nuwe sportsoort wat vanjaar in die skool begin is, is silhoeëtskiet. Die skool is baie opgewonde oor die getal seuns en dogters wat hieraan deelneem.

HVS verwag van sy spanne om altyd hul beste op die sportveld te lewer en hierdie is duidelik sigbaar wanneer HVS en Union mekaar in die jaarlikse interskole takel. Die leerders het hierdie jaar weer eens puik gevaar op sportgebied met 20 leerlinge wat provinsiale kleure verwerf het en een leerling wat nasionale kleure verwerf het.