Op Vrydag, 24 Oktober 2025 nooi Volkskool die hele gemeenskap na ’n feestelike Karoo-dans – ’n aand vol musiek, geselligheid en lekker kuier onder die sterre. Kom dans saam, bring jou vriende en familie, en wees deel van ons groot gemeenskapsafsluiting vir 2025. Hierdie is meer as net ’n dans – dit is ’n viering...
Author: Media
Geslaag op die see!
’n Groot gelukwensing aan Rudolph-Hein van Eeden wat sy SAMSA Skipperslisensie Kategorie C verwerf het! Hierdie lisensie maak dit vir hom moontlik om ’n enjinaangedrewe boot van minder as 9 meter vir 15 seemyl te vaar, met die ekstra vaardigheid om dit vanaf die strand te laat te water (surf launch). Daarby het hy ook...
‘n Aand vol lag en inspirasie
Gisteraand is die dames van Volkskool se personeel bederf met ’n heerlike kuier by The Coldstream Restaurant, waar die bekende pretspreker Elsabé Aldrich die verhoog betree het. Met haar unieke tema ” Die lekkerte en gekkerte van vrouwees”, het sy die gehoor laat lag, luister en weer besef hoe kosbaar en mooi vrouwees is. Die...
Van Volkskool tot Springbok – Ceano gee terug aan sy skool
Ceano Everson, wat van graad 1 tot graad 10 by Volkskool was, het vandag ’n besondere oomblik met ons gemeenskap gedeel. Hy het vanjaar ons land verteenwoordig by die o.20 Wêreldbeker-rugbyspan en sy vaardighede op internasionale vlak ten toon gestel. In ’n teken van trots en waardering het Ceano ’n Springbok-hemp aan die skool geskenk....



