Kategorie: Nuusberigte

Home / Nuusberigte
Hoofleiers vir 2027
Artikel

Hoofleiers vir 2027

Hoofleiers vir 2027Hoofseun: Jako SteynbergOnderhoofseun: Gerhard CoetzeeHoofdogter: Elné ViljoenOnderhoofdogter: Kate-Lynn Kruger Hoofleiers vir Huis Cronjé 2027 Hoofseun: Johan NelOnderhoofseun: AW LambrechtsHoofdogter: Leoné LateganOnderhoofdogter: Sarah van Eeden

‘n Handafdruk wat bly
Artikel

‘n Handafdruk wat bly

Elke handafdruk laat ’n merk agter, net soos elke matriek sy eie merk by Hoër Volkskool gelaat het. Vandag druk die matrieks van 2026 nie net hul hande op lap af nie, maar simbolies ook ’n stukkie van hulself op die plek waar hulle grootgeword, geleer en gevorm is. Hulle hande sal vorentoe nuwe dinge...

Karoo Redenaars
Artikel

Karoo Redenaars

Hoër Volkskool het vandag aan die Karoo Redenaars 2026 deelgeneem, aangebied deur Hoër Landbouskool Marlow.Leerders van Hoërskool Marlow, Hoërskool Cradock, Gill College, Hoërskool Burgersdorp en Aliwal-Noord het aan die kompetisie deelgeneem. Ons is ongelooflik trots op elkeen van ons redenaars en veral op die uitslae wat hulle behaal het: Juniors🥇 Lisa du Toit – eerste...

Karnaval by Volkskool
Artikel

Karnaval by Volkskool

Wat ’n lekker naweek! Baie dankie aan Fun4u FunFair wat ons skoolterrein met liggies, lag en ’n goeie dosis adrenalien gevul het. Dankie aan elkeen wat kom ondersteun het en gehelp het om die karnaval so ’n besonderse geleentheid te maak. Die skoolterrein het behoorlik gegons van opgewondenheid en vrolikheid!

Wol- en sybokhaarstoor
Artikel

Wol- en sybokhaarstoor

Van wol en sybokhaar tot “laser tag” en “go-karts”! Donderdag, 3 September, het ons Graad 10 Landbou-leerders die pad na Gqeberha gevat vir ’n interessante besoek aan die OVK-wol- en sybokhaarstoor. Een van die lekker dinge van die besoek was om dit saam met Elize de Jager te kon doen. Elize het in 2022 aan...

Beroepsaand by Volkskool
Artikel

Beroepsaand by Volkskool

Op Donderdag 20 Augustus het ons Graad 9-leerders die geleentheid gehad om saam met bekende sakemanne en beroepslui uit ons dorp te sit, gesels en eerstehands te hoor wat die beroep in die praktyk behels. Van tandartse en rekenmeesters tot dokters, veeartse en sakelui – die leerders kon vrae vra, luister na waardevolle raad en...

Leerlingraad 2027
Artikel

Leerlingraad 2027

Baie geluk aan die Leerlingraad van 2027! Julle is gekies om ’n belangrike rol in ons skool te speel. Mag julle hierdie geleentheid met trots, verantwoordelikheid en leierskap aanpak. Ons sien uit na alles wat julle as span gaan bereik!

Saam maak ons ‘n verskil
Artikel

Saam maak ons ‘n verskil

Vroeër vanjaar het Volkskool en die Graaff-Reinet Kankervereniging hande gevat met ’n rolbaldag en lootjiesinsameling om ’n verskil te maak in die lewens van mense wat deur kanker geraak word.Die bedrag wat tydens die dag ingesamel is, is nou aan die Kankervereniging oorhandig. Ons is dankbaar dat ons, met die ondersteuning van ons gemeenskap, iets...