Kategorie: Nuusberigte

Home / Nuusberigte
Netbaltoernooi
Artikel

Netbaltoernooi

Izienne Pienaar het vanaf 28 Junie tot 2 Julie aan die All Ages-Netbaltoernooi in Boksburg deelgeneem as lid van die Iqhude-groep.Gedurende die toernooi het haar span vyf wedstryde gespeel. Izienne is twee keer as Speler van die Wedstryd aangewys – ‘n besondere prestasie wat getuig van haar harde werk en toewyding op die baan. Van...

Netbal
Artikel

Netbal

Hoër Volkskool is trots op Ilze Voster, wat gedurende die vakansie aan die Telkom Netball Cup in Boksburg deelgeneem het. Die toernooi is by Hoërskool Dr. E.G. Jansen aangebied en het van die land se beste jong netbalspelers bymekaar gebring.Ilze het Volkskool met trots as lid van die Ikhala (Oos-Kaap)-span verteenwoordig. Sy het ook as...

Top 10 Akademie – Junie 2026
Artikel

Top 10 Akademie – Junie 2026

Harde werk word beloon! Ná ses maande van toewyding en volharding het hierdie leerders hul plek op die Top 10 Akademie vir die tweede kwartaal verdien. GRAAD 8 GRAAD 9 GRAAD 10 GRAAD 11 GRAAD 12

Skoleondersteuningsentrum
Artikel

Skoleondersteuningsentrum

Me. Coetzee, me. Van Wyk en me. Oosthuizen het reeds Maandag, 22 Junie, na Pretoria vertrek om die Skoleondersteuningsentrum SOS by te woon. Hulle verteenwoordig Volkskool saam met onderwysers van ander skole in ons gemeenskap by dié geleentheid waar opvoeders van regoor die land bymekaarkom om nuwe idees te deel, inspirasie op te doen en...

Hoër Volkskool maak geskiedenis in die ATKV redenaars!
Artikel

Hoër Volkskool maak geskiedenis in die ATKV redenaars!

Vir die heel eerste keer in Volkskool se geskiedenis het ons ‘n spreker in die ATKV Redenaars se Nasionale Finaal! Baie geluk aan Pieter Fourie (Gr. 9) wat die Suidoos-Kaap streek op 4 Augustus by hierdie gesogte landsfinaal by ATKV Klein-Kariba (Bela-Bela, Limpopo) gaan verteenwoordig. Pieter, ons wens jou alles van die beste toe met...

Die beste redenaars-Hoërskool in die Suidoos-Kaap
Artikel

Die beste redenaars-Hoërskool in die Suidoos-Kaap

Saam met Pieter se geskiedkundige prestasie, vier Volkskool ook ‘n rits ander uitsonderlike top-prestasies. Hierdie dinamiese sprekers pronk almal onder die Top 5 in die hoërskool-afdelings: Danksy hierdie skitterende span is Hoër Volkskool die skool in die hele streek met die meeste sprekers in die Top 5. Ons kan amptelik spog as die beste redenaars-hoërskool...

Landsdienskamp op pad na Hartenbos
Artikel

Landsdienskamp op pad na Hartenbos

Vandag het ons landsdiens vertrek na die sonnige strande van Hartenbos. Ons wens elkeen ’n veilige reis toe en hoop dat hulle die vars seelug ten volle geniet. Ons is so opgewonde om te sien wat julle alles gaan beleef!

Veehanteringskursus
Artikel

Veehanteringskursus

“Ek span nie ’n draad om die job klaar te kry nie. Ek span hom sodat hy vir ’n 100 jaar kan staan.” – Juan Venter Met hierdie woorde het Juan Venter gister ons lanbou-leerders nie net tegniese kennis nie, maar ook ’n belangrike lewensles geleer. Tydens die veehanteringkursus het hy met die kinders gesels...

Raptors klub – suksesvolle gradering
Artikel

Raptors klub – suksesvolle gradering

Op Saterdag, 31 Januarie, het die Raptors Klub ’n lang, uitputtende, maar baie suksesvolle gradering gehou. Die energie was hoog en die fokus van ons HVS-leerders het regtig gestraal! Baie geluk aan die volgende leerders wat hul nuwe belde verdien het: – Renaldo van der Westhuizen – Pers – Reaglin Maarman – Pers – Jean...

Volkskool se nasionale merkers – trots op ons uitstekende onderwysers
Artikel

Volkskool se nasionale merkers – trots op ons uitstekende onderwysers

Volkskool is besonder trots om vyf van ons toegewyde opvoeders geluk te wens met hul aanwysing as nasionale merkers vir die 2025-eksamens. Hierdie erkenning is nie net ’n groot eer nie, maar ook ’n bewys van die gehalte en kundigheid wat ons personeel daagliks uitleef. Baie geluk aan: Hierdie aanwysings bevestig die hoë standaard van...