Kultuur

Home / Kultuur

Kultuur by Volkskool

Kultuur by Volkskool is meer as deelname — dit is ontdekking, uitreik en groei. Dit is waar leerders hul stem vind, hul gawes ontwikkel en ’n verskil maak in hul skool en gemeenskap.

ATKV

Debat

Drama

Fotografie

Landsdiens

Redenaars

VCSV

ATKV

ATKV by Volkskool is ’n lewendige platform waar taal, kultuur en gemeenskapsdiens hand aan hand loop.

Waaruit bestaan dit?

Leerders neem deel aan verskeie ATKV-projekte en -kompetisies en is ook aktief betrokke by gemeenskapsuitreik. Een van die hoogtepunte is die klippieprojek, waar leerders saam met Landsdiens klippies verf met bemoedigende boodskappe en Bybelverse. Hierdie klippies word dan in die gemeenskap en by mense se huise uitgedeel. Besoeke aan ouetehuise vorm ook deel van hierdie betekenisvolle uitreik.

Debat

Debat by Volkskool bied aan leerders ’n ruimte om hul stem te vind, hul denke te slyp en met selfvertroue hul standpunte te stel.

Waaruit bestaan dit?

Die debatspan neem deel aan die ATKV-debatkompetisie en bied geleenthede vir beide junior en senior leerders om hul vaardighede te ontwikkel. Of jy ’n ervare spreker is of pas begin, daar is ’n plek om te groei, te leer en jou stem te ontdek.

Landsdiens

Landsdiens ontwikkel leierskap, diensbaarheid en ’n liefde vir die natuur en gemeenskap deur praktiese ervarings en avontuur.

Waaruit bestaan dit?

Leerders neem jaarliks deel aan die Landsdiens-program, insluitend uitstappies soos die Jeffreysbaai-toer aan die begin van die jaar en die Provinsiale Kamp. Daar is ook leerders wat reeds aan nasionale kampe deelgeneem het. Die fokus is op karakterbou, spanwerk en diens aan ander.

Redenaars

Redenaars gee leerders die geleentheid om met selfvertroue te praat, hul idees te deel en hul stem in die openbaar te laat hoor.

Waaruit bestaan dit?

Die VCSV bied jaarliks ’n Amazing Race in die dorp aan, waar leerders deur praktiese diens en interaksie teruggee aan die gemeenskap. Aktiwiteite sluit in motors was, skottelgoed was, pakkies vir vreemdelinge dra, en eenvoudige dade van vriendelikheid soos om vir iemand ’n roomys, koeldrank of pasteitjie te gee, of ’n blommetjie met ’n bemoedigende boodskap aan

VCSV

VCSV by Volkskool is ’n gemeenskap van geloof, diens en omgee waar leerders leer om hul waardes prakties uit te leef.

Waaruit bestaan dit?

Die VCSV bied jaarliks ’n Amazing Race in die dorp aan, waar leerders deur praktiese diens en interaksie teruggee aan die gemeenskap. Aktiwiteite sluit in motors was, skottelgoed was, pakkies vir vreemdelinge dra, en eenvoudige dade van vriendelikheid soos om vir iemand ’n roomys, koeldrank of pasteitjie te gee, of ’n blommetjie met ’n bemoedigende boodskap aan
’n vreemdeling te gee. Leerders help ook met skoonmaakaksies by besighede en bid vir skole en ondernemings in die dorp.
Die kultuur rondom VCSV weerspieël Volkskool se hart: ’n plek waar omgee eg is en waar elke leerder en volwassene deel vorm van ’n groter familie waar ondersteuning en bemoediging natuurlik deel van die alledaagse lewe is.

Aansoek om toelating by Hoër Volkskool