Nuusberigte

Home / Nuusberigte
Goeie nuus uit die akademie

Goeie nuus uit die akademie

Die eerste rondte-uitslae van die Proverto Nasionale Hoërskoololimpiade is bekend, en ons is trots op ons leerders se uitstekende prestasies. Die inskrywingsfooi bied toegang tot die Rekeningkunde-, Besigheidstudies- en Ekonomie-vraestelle, asook die uitdagende UJ FIMO (Financial Investment Management Olympiad). Hierdie groep talentvolle Rekeningkunde-kandidate het almal deurgedring na die tweede rondte. Nushaan, wat nie Besigheidstudies as vak

Hokkieprestasies

Hokkieprestasies

Baie geluk aan twee Volkskool-hokkiespelers wat gedurende die vakansie die Oos-Kaap met trots verteenwoordig het! Angela Voster is vir die OP O.16B-span gekies en het in die Paarl deelgeneem. Sy is as Speler van die Wedstryd aangewys in die wedstryd teen Mpumalanga. Alecia Louw het vir die OP O.18A-span uit gedraf. Die span het derde geëindig, en Alicia het in die halfeindstryd ‘n driekuns behaal deur al drie haar span se doele in die 3–1-oorwinning aan te teken. Baie geluk, Angela en Alecia! Julle het Volkskool met trots verteenwoordig.

Nasionale Landsdienskamp

Nasionale Landsdienskamp

Baie geluk aan Luandré Rademan, wat tydens die Provinsiale Landsdienskamp op Skietfontein gekies is om die Oos-Kaap by die Nasionale Landsdienskamp in Desember te verteenwoordig. Hy is boonop aangewys as die junior hoërskole se leier van die Oos-Kaap vir die nasionale kamp – ‘n besondere eer wat sy leierskap en toewyding weerspieël. Baie geluk, Luandré! Volkskool is trots op jou en wens jou alle sterkte toe vir die nasionale kamp

Nasionale Kampioenskappe

Nasionale Kampioenskappe

Baie geluk aan Renaldo van der Westhuizen en Reaglin Maarman, twee van ons Graad 11-leerders, wat die Oos-Kaap met trots by die MASA Nasionale Kampioenskappe in Pretoria van 26–28 Junie verteenwoordig het. Hulle het uitstekende prestasies gelewer en die volgende medaljes huis toe gebring: Renaldo van der Westhuizen🥇Goud – Points Fighting🥇Goud – Combat Weapons Reaglin Maarman🥇Goud – Continuous Fight🥈Silwer – Points Fighting🥉Brons – Grappling Ons is ongelooflik trots op julle harde werk, deursettingsvermoë en die wyse waarop julle Volkskool en die Oos-Kaap verteenwoordig het. Baie geluk met hierdie besonderse prestasie!

Swem

Swem

Baie geluk aan Kate-Lynn Kruger, wat tydens die PEA Swemklub se einde-van-die-seisoen-prysuitdeling, wat op Vrydag, 17 Julie in Gqeberha plaasgevind het, met die NMBA Championship-trofee vir die 200 m borsslag bekroon is. Kate-Lynn se uitstekende prestasies deur die seisoen word ook weerspieël in haar nasionale ranglys: Sesde in die 200 m Borsslag Agtste in die 100 m Borsslag Tweelfde in die 200 m Rugslag Vyftiende in die 200 m Individuele Wisselslag Ons is ongelooflik trost op jou harde werk, toewyding en jou uitstekende prestasies in die swembad.

Enduro

Enduro

Van 2 tot 4 Julie 2026 het Erik Swanepoel en Frederick de Klerk die uitdagende IMPI Hard Enduro naby Bergville in die Noordelike Drakensberg aangepak – een van Suid-Afrika se grootste en mees veeleisende hard enduro-byeenkomste. Meer as 1 200 ryers het vanjaar deelgeneem, met deelnemers van regoor die wêreld wat hul vaardighede teen die bergagtige terrein getoets het. Albei ryers het puik gevaar. Erik het 33ste uit 517 deelnemers in die Bronze-klas geëindig, terwyl Frederick ‘n uitstekende 10de uit 337 deelnemers in die Iron-klas behaal het. Die wedren is ‘n ware toets van uithouvermoë, tegniese vaardigheid en deursettingsvermoë. Oor...

Netbaltoernooi

Netbaltoernooi

Izienne Pienaar het vanaf 28 Junie tot 2 Julie aan die All Ages-Netbaltoernooi in Boksburg deelgeneem as lid van die Iqhude-groep.Gedurende die toernooi het haar span vyf wedstryde gespeel. Izienne is twee keer as Speler van die Wedstryd aangewys – ‘n besondere prestasie wat getuig van haar harde werk en toewyding op die baan. Van die uitslae was: Izienne beskryf die toernooi as ‘n groot uitdaging waar sy baie geleer en waardevolle ervaring opgedoen het. Baie geluk, Izienne! Volkskool is trots op jou prestasie en wens jou alle sterkte toe met die pad vorentoe.

Netbal

Netbal

Hoër Volkskool is trots op Ilze Voster, wat gedurende die vakansie aan die Telkom Netball Cup in Boksburg deelgeneem het. Die toernooi is by Hoërskool Dr. E.G. Jansen aangebied en het van die land se beste jong netbalspelers bymekaar gebring.Ilze het Volkskool met trots as lid van die Ikhala (Oos-Kaap)-span verteenwoordig. Sy het ook as medekaptein, saam met Chriske van Zyl, die span gelei – ‘n besondere eer en bewys van haar leierskap op en langs die baan.Die span het deur die loop van die toernooi verskeie wedstryde gespeel. Onder hul hoogtepunte was ‘n 47–30-oorwinning oor die Rubies, terwyl hulle...

Top 10 Akademie – Junie 2026

Top 10 Akademie – Junie 2026

Harde werk word beloon! Ná ses maande van toewyding en volharding het hierdie leerders hul plek op die Top 10 Akademie vir die tweede kwartaal verdien. GRAAD 8 GRAAD 9 GRAAD 10 GRAAD 11 GRAAD 12

Skoleondersteuningsentrum

Skoleondersteuningsentrum

Me. Coetzee, me. Van Wyk en me. Oosthuizen het reeds Maandag, 22 Junie, na Pretoria vertrek om die Skoleondersteuningsentrum SOS by te woon. Hulle verteenwoordig Volkskool saam met onderwysers van ander skole in ons gemeenskap by dié geleentheid waar opvoeders van regoor die land bymekaarkom om nuwe idees te deel, inspirasie op te doen en oor die toekoms van onderwys na te dink. Die kongres skep geleenthede vir onderwysers om by ervare sprekers te leer, idees met kollegas uit te ruil en nuwe insigte vir die klaskamer te kry. Wanneer ons onderwysers groei en ontwikkel, word ons skole sterker en...

Hoër Volkskool maak geskiedenis in die ATKV redenaars!

Hoër Volkskool maak geskiedenis in die ATKV redenaars!

Vir die heel eerste keer in Volkskool se geskiedenis het ons ‘n spreker in die ATKV Redenaars se Nasionale Finaal! Baie geluk aan Pieter Fourie (Gr. 9) wat die Suidoos-Kaap streek op 4 Augustus by hierdie gesogte landsfinaal by ATKV Klein-Kariba (Bela-Bela, Limpopo) gaan verteenwoordig. Pieter, ons wens jou alles van die beste toe met die voorbereiding vir die finaal. Die hele Volkskool-familie staan bankvas agter jou!

Die beste redenaars-Hoërskool in die Suidoos-Kaap

Die beste redenaars-Hoërskool in die Suidoos-Kaap

Saam met Pieter se geskiedkundige prestasie, vier Volkskool ook ‘n rits ander uitsonderlike top-prestasies. Hierdie dinamiese sprekers pronk almal onder die Top 5 in die hoërskool-afdelings: Danksy hierdie skitterende span is Hoër Volkskool die skool in die hele streek met die meeste sprekers in die Top 5. Ons kan amptelik spog as die beste redenaars-hoërskool in die Suidoos-Kaap vir 2026! Volkskool bars van die trots! Ons weet hoeveel harde werk, lang ure en toewyding hiertoe gelei het.

Landsdienskamp op pad na Hartenbos

Landsdienskamp op pad na Hartenbos

Vandag het ons landsdiens vertrek na die sonnige strande van Hartenbos. Ons wens elkeen ’n veilige reis toe en hoop dat hulle die vars seelug ten volle geniet. Ons is so opgewonde om te sien wat julle alles gaan beleef!

Veehanteringskursus

Veehanteringskursus

“Ek span nie ’n draad om die job klaar te kry nie. Ek span hom sodat hy vir ’n 100 jaar kan staan.” – Juan Venter Met hierdie woorde het Juan Venter gister ons lanbou-leerders nie net tegniese kennis nie, maar ook ’n belangrike lewensles geleer. Tydens die veehanteringkursus het hy met die kinders gesels oor basiese bestuurspraktyke, korrekte hantering en die beginsels rondom wolskaapboerdery. ’n Opregte dankie aan Juan Venter vir sy tyd, kennis en passie. Dit was ’n leersame dag wat beslis ’n blywende indruk gelaat het.

Raptors klub – suksesvolle gradering

Raptors klub – suksesvolle gradering

Op Saterdag, 31 Januarie, het die Raptors Klub ’n lang, uitputtende, maar baie suksesvolle gradering gehou. Die energie was hoog en die fokus van ons HVS-leerders het regtig gestraal! Baie geluk aan die volgende leerders wat hul nuwe belde verdien het: – Renaldo van der Westhuizen – Pers – Reaglin Maarman – Pers – Jean van Wyngaard – Blou – Leshandre Roman – Groen 1 Hou aan met jul harde werk en toewyding!