Tydens Hoër Volkskool se prysuitdeling op Donderdag, 8 Oktober, is ons junior leerders se besondere prestasies gevier.
Van akademie tot sport en kultuur het ons leerders vanjaar gewys waartoe hulle in staat is. Ons deel graag die besondere prestasies en top toekennings van ons junior leerders en vier saam met hulle die harde werk en toewyding agter elke prestasie.
Junior toekennings
Akademie
Graad 8 – Margite van der Merwe
• Prof. Dorothea van Zyl-prys – Afrikaans Huistaal
• Mynhardt/Steyn Konstruksie-beker – English FAL
• Standerd 10-klas van 1988-beker
• PSG Wealth and Financial Planning-prys
• Eerste klasposisie
Graad 9 – Pieter Fourie
• Prof. Dorothea van Zyl-prys – Afrikaans Huistaal
• Mynhardt/Steyn Konstruksie-beker – English FAL
• Standerd 10-klas van 1950-beker
• PSG Wealth and Financial Planning-prys
• Eerste klasposisie
Sport
Atletiek
Junior Victrix Ludorum: Alta van Zyl-beker – Angela Vorster
Junior Victor Ludorum: Hennie van Rooyen-beker – Jarrod Gerber
Swem
Belowendste graad 8-dogterswemmer: Geoff Crewe-Brown-beker – Annabelle Kruger
Belowendste graad 8-seunswemmer: Geoff Crewe-Brown-beker – Eben Lötter
Tennis
o.15-dogtertenniskampioen: Johan Nell-beker – Nia Cornelius
Ope dogtersdubbelspelkampioene: Standard Bank-wisseltrofee – Nia Cornelius en Chenoa Jeffrey
o.15-seuntenniskampioen: Jan Genade-beker – Rubert Marincowitz
Boogskiet
Erekleure: Helen Grobbelaar – Verteenwoordig die Oos-Kaap-span tydens die interprovinsiale toernooi.
Erekleure en HVS-beker: Eben Lötter – Verteenwoordig die Oos-Kaap-span tydens die interprovinsiale toernooi en ontvang die beker vir die beste seunskut met die hoogste gemiddelde telling by kompetisies.
Buite-skoolsport
Hengel-erekleure: Diedrik Meyer – Verteenwoordig die Vrystaat-span tydens die interprovinsiale kompetisie.
Bergfietsrenne-erekleure: Frederik de Klerk – Verteenwoordig die Oos-Kaap-span tydens die interprovinsiale kompetisie.
Netbal
Geesdriftigste o.14-netbalspeler: Renique Elie
Beste vordering in o.14-netbal: Zelmery Donley
Beste o.14-netbalspeler: HVS-beker – Chrystal Block
Geesdriftigste o.16-netbalspeler: Thandokazi Grootboom
Hokkie
Geesdriftigste o.14-hokkiespeler: Mila Uys
Beste vordering in o.14-hokkie: HVS-beker – Annabelle Kruger
Beste o.14-hokkievaardighede: Li van Rayner
Beste o.14-hokkiespeler: Paula Zandberg-beker – Nia Cornelius
Geesdriftigste o.16-hokkiespeler: Karlien Serfontein
Beste o.16-hokkievaardighede: Uné Groenewald
Erekleure en beste prestasie in o.16-hokkie: Angela Vorster – Verteenwoordig die OP-span tydens die interprovinsiale toernooi en ontvang die Kromms Inn-trofee vir die beste prestasie in o.16-hokkie.
Rugby
Geesdriftigste o.14-rugbyspeler: Samuel Pearson
Beste vordering in o.14-rugby: Wayde Bosch
Beste o.14-rugbyspeler: M. Botha-beker – Shaydin Lewis
Geesdriftigste o.15-rugbyspeler: Emilio Baartman
Beste vordering in o.15-rugby: Kearan Deysel
Beste o.15-rugbyspeler: Micquel Booysen
Beste o.16-rugbyspeler: HVS-beker – Divan Erasmus
Algemene toekennings
Sertifikaat van Verdienstelikheid: Hugo Lambrechts – Erkenning vir diens aan die skool buite sy amptelike pligte, met hulp met die klankstelsel tydens verskeie geleenthede.
Kultuur
Kuns en musiek
HVS-wisseltrofee: Karla Potgieter – Dogter met die beste prestasie by ’n kunstefees. Sy behaal trippelgoud in 2-dimensionele kuns en drie trippelgoudtoekennings vir fotografie.
Maria du Plessis-skild: Emma Conradie – Erkenning vir musikale en tegniese vordering deur toewyding en volharding.
Spel en redenaars
Erekleure: Cathaliyah Welman – Verteenwoordig die Oos-Kaap by die nasionale WOW-spelfees en eindig onder die top 10.
Erekleure: Elgemayne Solomons – Verteenwoordig die Oos-Kaap by die nasionale WOW-spelfees en eindig onder die top 10.
Erekleure: Drian Gildenhuys – Neem deel aan die nasionale finale rondte van die redenaarskompetisie en behaal ’n algehele tweede plek.
Erekleure en HVS Junior Redenaar-beker: Pieter Fourie – Behaal ’n derde plek nasionaal by die ATKV-redenaarskompetisie.
Tine-Mari en Johani Pieterse-prys: Pieter Fourie – Behaal ’n algehele eerste plek in die finale rondte van die nasionale PodiumPret-redenaarskompetisie.
Veelsydigheid in kultuur
Erekleure: Margite van der Merwe
Prof. Dorothea van Zyl-prys: Veelsydigste junior kultuurleerder.
ATKV Volksmond-jeugtak-wisseltrofee en -prys: Veelsydigste kultuurleerder, ongeag graad.
Margite se kultuurbetrokkenheid sluit in:
• Lid van die VCSV
• Deelname aan die WOW-spelfees
• Deelname aan ’n kunstefees
• Deelname aan debat
• Deelname aan die nasionale finale rondte van die PodiumPret-redenaarskompetisie
• Kaptein van die skool se vasvraspan
