Beroepsaand by Volkskool

Beroepsaand by Volkskool

Op Donderdag 20 Augustus het ons Graad 9-leerders die geleentheid gehad om saam met bekende sakemanne en beroepslui uit ons dorp te sit, gesels en eerstehands te hoor wat die beroep in die praktyk behels.

Van tandartse en rekenmeesters tot dokters, veeartse en sakelui – die leerders kon vrae vra, luister na waardevolle raad en meer leer oor die verskillende beroepsrigtings wat vir hull voorlê.

Hierdie blootstelling is besonders waardevol, aangesien ons Graad 9-leerders binnekort hul vakke vir Graad 10 tot 12 moet kies. Die gesprekke help hulle om ingeligte besluite oor hul vakkeuses en toekomstige loopbane.

’n Groot dankie aan die ATKV wat hierdie waardevolle beroepsaand aangebied het, asook aan elkeen wat hul tyd, kennis en ervaring met ons leerders gedeel het.

Dankie dat julle ‘n verskil maak aan die keuses wat ons leerders vir hul toekoms maak! 🎓