Nasionale Kampioenskappe

Nasionale Kampioenskappe

Baie geluk aan Renaldo van der Westhuizen en Reaglin Maarman, twee van ons Graad 11-leerders, wat die Oos-Kaap met trots by die MASA Nasionale Kampioenskappe in Pretoria van 26–28 Junie verteenwoordig het. Hulle het uitstekende prestasies gelewer en die volgende medaljes huis toe gebring:

Renaldo van der Westhuizen
🥇Goud – Points Fighting
🥇Goud – Combat Weapons

Reaglin Maarman
🥇Goud – Continuous Fight
🥈Silwer – Points Fighting
🥉Brons – Grappling

Ons is ongelooflik trots op julle harde werk, deursettingsvermoë en die wyse waarop julle Volkskool en die Oos-Kaap verteenwoordig het.

Baie geluk met hierdie besonderse prestasie!