Skoleondersteuningsentrum

Skoleondersteuningsentrum

Me. Coetzee, me. Van Wyk en me. Oosthuizen het reeds Maandag, 22 Junie, na Pretoria vertrek om die Skoleondersteuningsentrum SOS by te woon. Hulle verteenwoordig Volkskool saam met onderwysers van ander skole in ons gemeenskap by dié geleentheid waar opvoeders van regoor die land bymekaarkom om nuwe idees te deel, inspirasie op te doen en oor die toekoms van onderwys na te dink.

Die kongres skep geleenthede vir onderwysers om by ervare sprekers te leer, idees met kollegas uit te ruil en nuwe insigte vir die klaskamer te kry.
Wanneer ons onderwysers groei en ontwikkel, word ons skole sterker en ons leerders die uiteindelike wenners. Ons wens hulle ‘n verrykende ervaring toe en sien uit daarna om die nuwe kennis en inspirasie terug by Volkskool te verwelkom.