Hokkieprestasies

Hokkieprestasies

Baie geluk aan twee Volkskool-hokkiespelers wat gedurende die vakansie die Oos-Kaap met trots verteenwoordig het!

Angela Voster is vir die OP O.16B-span gekies en het in die Paarl deelgeneem. Sy is as Speler van die Wedstryd aangewys in die wedstryd teen Mpumalanga.

Alecia Louw het vir die OP O.18A-span uit gedraf. Die span het derde geëindig, en Alicia het in die halfeindstryd ‘n driekuns behaal deur al drie haar span se doele in die 3–1-oorwinning aan te teken.

Baie geluk, Angela en Alecia! Julle het Volkskool met trots verteenwoordig.