Elke handafdruk laat ’n merk agter, net soos elke matriek sy eie merk by Hoër Volkskool gelaat het. Vandag druk die matrieks van 2026 nie net hul hande op lap af nie, maar simbolies ook ’n stukkie van hulself op die plek waar hulle grootgeword, geleer en gevorm is.
Hulle hande sal vorentoe nuwe dinge aanpak, nuwe drome bou en nuwe paaie stap. Maar hierdie afdrukke sal ’n herinnering bly aan die plek waar hul skooljare was en die mense saam met wie hulle hierdie deel van hul lewens gedeel het.
Vandag neem julle afskeid van julle skooldae, maar nie van Volkskool nie. Julle plek binne die Volkskool-familie verander net.
