BEDRYWIGE TENNIS WEEK VIR HVS

Home / Nuusberigte / BEDRYWIGE TENNIS WEEK VIR HVS
BEDRYWIGE TENNIS WEEK VIR HVS

Die tennisspelers van Hoër Volkskool het ‘n baie bedrywige week agter die rug.  In die Somerliga het die eerste seunspan met Wheatlands kragte gemeet.  Wheatlands wen die wedstryd 3 – 1.  Die tweede seunspan speel teen Mountain met die besoekers wat 3 – 1 seëvier.

Dinsdag het die eerste twee spanne in ‘n weg wedstryd teen Cradock gespeel.  Die wedstryde is beslis met dubbel- en enkelwedstryde.  Volkskool se eerste seunspan verloor naelskraap 4 – 5, terwyl die eerste dogterspan 8 – 1 wen.  Die tweedespan wedstryde is deur Volkskool oorheers en beide die seun- en dogterspanne wen 8 – 1.

Woensdag het 15 spelers van Middelburg in Graaff-Reinet kom speel en hoofsaaklik dubbelstel wedstryde gespeel teen die derde- en vierdespan van Volkskool.  Middelburg wen met 12 wedstryde teen 4.

Vrydag was dit Hoërskool Framesby se beurt om die Graaff-Reinet hitte en die eerstespan van Volkskool aan te durf.  Die uitslag is bepaal deur dubbelspel en gemengde dubbelspel wedstryde. Hoër Volkskool wen oortuigend met 11 – 1.

Die top vyf seuns en dogters vertrek Woensdag na Bredasdorp waar hulle, as verdedigende kampioene, aan die jaarlikse Tennis-4-Jesus Dubbelstoernooi gaan deelneem.  Ons wens hulle ‘n veilige reis en baie sterkte toe.