Category: Nuusberigte

Home / Nuusberigte
‘n Glimlag voor die eksamentyd
Post

‘n Glimlag voor die eksamentyd

Woensdag, 15 Oktober, was dit Lentebal. ’n Aand vol styl, musiek en heerlike saamwees. Die skool het vir een aand in ’n dansvloer verander waar vasdans en losdans sorg vir lag, energie en onvergeetlike oomblikke. Van begin tot einde was die gees lig en vrolik, almal het saam gedans en die jaar op die mooiste...

Volksies spog by Burgersdorp se Somerfees
Post

Volksies spog by Burgersdorp se Somerfees

Volkskool se hokkie- en netbalspanne het hierdie naweek met trots aan Burgersdorp se Somerfees deelgeneem, waar beide sportsoorte in die Fats 5 Formaat gespeel is. By die hokkie het Volkskool Lightning (wit span) uitstekende spel getoon en die eerste plek verower ná ’n reeks oorwinnings teen Hangklip en Burgersdorp. Volkskool Thunder (swart span) het sterk...

Volkskool help by Tri the Karoo se ‘Colour Run’!
Post

Volkskool help by Tri the Karoo se ‘Colour Run’!

Vrydag, 17 Oktober, het Volkskool met trots nie net deelgeneem nie, maar ook gehelp by die opwindende Tri the Karoo ‘Colour run’! Ons leerders het vol energie en gees saamgewerk en bewys weer eens hoe saamhorig en toegewyd ons Volkskool-familie is. ’n Groot dankie aan die organiseerder van Tri the Karoo vir die wonderlike geleentheid...

Huis Cronjé sluit die jaar met trots af
Post

Huis Cronjé sluit die jaar met trots af

Donderdag, 16 Oktober het Huis Cronjé saam teruggekyk op ’n jaar vol gees, groei en mooi herinneringe. Dit was ’n spesiale geleentheid waar ons met trots van ons matrieks afskeid geneem het — leerders wat deur hul betrokkenheid en lojaliteit ’n blywende merk op die huis gelaat het. Tydens die aand is die nuwe Huiskomitee...

Afskeid vir Volkskool se matriekgroep van 2025
Post

Afskeid vir Volkskool se matriekgroep van 2025

Die matrieks van 2025 is op gepaste wyse gegroet tydens ’n waardige afskeidseremonie. ’n Oggend vol dankbaarheid, trots en mooi herinneringe aan hul tyd by Volkskool. Dominee C. Rossouw het die leerders herinner om met doelgerigtheid te leef, om altyd iets te hê waarvoor hulle werk, en iets waarin hulle glo. Sy boodskap het diep...

Handtekeninge vol herinneringe
Post

Handtekeninge vol herinneringe

Vandag het die matriekklas van 2025 hulle merk gemaak — letterlik! Met ons nuwe hekkie-tradisie was die matrieks die eerstes wat deur die hek stap na die buitewêreld toe — ’n simbool van nuwe avonture wat wag. Opgewondenheid, trane en laggies het elke leerder hul handtekening op ‘n lap van herinneringe gesit. Dit is nie...

‘n Drukkie sê meer as woorde
Post

‘n Drukkie sê meer as woorde

Vandag het die matriekklas van 2025 hul laaste bladsy by Volkskool omgeslaan. Trane is gestort, herinneringe gedeel en drukkies gegee wat meer sê as enige woorde kon. Dit was ’n dag vol trots, dankbaarheid en die besef dat elke stap in die gange, elke glimlag en elke uitdaging deel was van iets groter — deel...

Laaste Tradisionele Skooldrag vir die Matrieks
Post

Laaste Tradisionele Skooldrag vir die Matrieks

Vandag het die matrieks van Volkskool hul laaste tradisionele skooldag gevier, en dit was beslis ’n dag om nie te vergeet nie. Tradisioneel is dit rokke vir die meisies en broeke vir die seuns… maar vandag het die rolle omgedraai! Die seuns het trots hul skoolrokke aangetrek en die meisies het die broeke met oortuiging...

Volkskool vereer ons sterre met Erekleure
Post

Volkskool vereer ons sterre met Erekleure

Volkskool is trots om vyf van ons leerders te vereer met erekleure vir hul uitsonderlike prestasies in kultuur en sport. Lisa du Toit en Pieter Fourie het erekleure ontvang vir kultuur. Hulle toewyding, harde werk en entoesiasme dra jaar na jaar by tot die ryk kultuurlewe van Volkskool. In boogskiet het Gerhard Coetzee, Nushaan Beyers...

Hokkie Besigheidsliga
Post

Hokkie Besigheidsliga

Dag 2 van die Hokkie Besigheidsliga het vandag op Volkskool se astro plaasgevind en weer vir opwinding gesorg! Die spanne het alles gegee en elke wedstryd was vol energie, vaardigheid en spanwerk. Daarby het die dag ’n skaars gesig gebring – Dentists at Health Graaff-Reinet se feesdier, ’n vrolike hoender, het vir glimlagte en lag...