Hokkie en Rugby

Home / Nuusberigte / Hokkie en Rugby
Hokkie en Rugby

Tydens die Union Sportweek het Hoër Volkskool se eerste hokkiespan vandag teen Langenhoven Gim gespeel en HVS het die wedstryd gewen. Alecia Louw het die doel aangeteken en Sare Viljoen is as speler van die wedstryd aangewys.

Hoër Volkskool se eerste rugbyspan het vanoggend in Riversdal ‘n wedstryd teen Montagu gespeel. HVS het die wedstryd 25 – 13 gewen.

Baie trots op beide spanne!

Foto’s van die hokkiewedstryde geneem deur Xander Keyser is op hierdie skakel beskikbaar:

https://photos.app.goo.gl/iweNXiDW2dE7eat17