HVS Hokkie Presteerders

Home / Nuusberigte / HVS Hokkie Presteerders
HVS Hokkie Presteerders

Die volgende hokkiespelers van Hoër Volkskool is verkies tot ‘n OP span. Hulle sal OP verteenwoordig in hul onderskeie interprovinsiale toernooie en streekstoernooie wat tydens die Junie-vakansie sal plaasvind in Oos-Londen en Pietermaritzburg. Mnr Wynand Volschenk, die eerstespan hokkie-afrigter by Hoër Volkskool, is aangewys as die afrigter van die 0.14C OP-span.

Foto VLNR:

Lynette Itterhagen-Strauss: OP 0.18 B, Logan Ludick: OP 0.16 B, Inke van der Merwe: OP 0.14C,  Marlien Crewe-Brown : OP 0.14C,  en Marlie van der Merwe : OP 0.14C. Inke is gekies as deel van die Griekwa-span wat gaan deelneem aan die Bokkie-week, in Kimberley, ook tydens die Junie-vakansie, gaan deelneem.

Dit is ‘n baie groot eer vir ons skool! Ons is baie trots op ons hokkie-bokkies!