HVS vs Andrew Rabie

Home / Nuusberigte / HVS vs Andrew Rabie
HVS vs Andrew Rabie

Hoër Volkskool het die afgelope naweek kragte gemeet teen Andrew Rabie. Die Baainaars het die Winderige stad se wind saamgebring Karoo toe, maar dit het nie ons sportmanne en -vroue afgesit nie.

Op die hokkieveld het ons die spel heeltemal oorheers en met ‘n telling van 14 – 0 van die veld afgestap. Die 0.14A netbalspan het ‘n baie goeie dag gehad en wen hul wedstryd 18 – 5 . Die 0.16A span het ook goed opgewarm en met baie geesdrif op die baan gestap. Hul wen hul wedstryd 15 – 5. Die eerste span het hul gereed gemaak vir ‘n titaniese stryd. Na 40 minute op die baan, was almal moeg, maar baie trots op hul telling van 46 – 1.

Op die rugbyveld het dit ook baie goed gegaan. Die -14’s was halftyd 15 – 3 voor. Ongelukkig het die wind hul bietjie deurmekaar gewaai tydens die tweede helfte en verloor hul die wedstryd naelskraap 15 – 17. Die 0.15 span wen hul wedstryd gemaklik met ‘n telling van 31 – 17. Die eerste rugbyspan het voluit gespeel en elke kans wat hul kon kry met twee hande aangegryp. Die eindtelling vir hul wedstryd was ‘n trotse 57 – 0.

 

Netbalfoto: vlnr: Maryna Nell, Lykita Koeberg, Marichen Piek, Dehana van der Merwe, Irene Kiewiets, Linda Lotter en Lara du Plessis. By hul telbord na die wedstryd.